Your trusted area specialist in Home and Hectare Free State.

My liefde vir die plaaslewe het ontstaan op my oupa se bestaansboerdery plasie in die Standerton-distrik. Daar het ek by hom geleer om 'n beroep te kies waarvoor ek passie het. Om vir myself te werk, met my gesin die heeltyd as motivering. My man is vanaf BKB op Standerton oorgeplaas na BKB op Frankfort. Ek moes toe die kopskuif maak, om Frankfort ons nuwe tuiste te maak. Daarby het ek by BKB Home and Hectare aangesluit en is nou tenvolle ingeburger in die lieflike Frankfort. Ek is nog nuut in die eiendomsmark en het 'n rapsie onder die 3 jaar se ondervinding. Langs die pad het ek 'n paar duur lesse geleer wat my definitief met toekomstige eiendomstransaksies van onskatbare waarde sal wees. 'n Eie stukkie grond wat net myne is, waarop ek kan doen net wat ek wil was nog altyd 'n doelwit van my. Ek wil ook daardie selfsatisfaksie aan ander mense gee, waar hul-hul eie stempel op hul eie stukkie grond, hetsy residentieel of kommersieel kan afdruk. Ek is gesetel in Frankfort, sodra ek Frankfort onder hande het, beoog ek om die omliggende dorpe in hierdie Noord-Oos gedeelte van die Vrystaat ten volle in te tree. Die lekkerste vir my van eiendomme verkoop is, die voor en na fotos van 'n huis of boerdery waar die potensiaal van die eiendom raakgesien en ontgin is.

My Listings
Recent Deals
Client Testimonials
Baie dankie vir alles wat jy vir my gedoen het om my te help met die verkoop van die huis! Ek waardeer dit opreg. Clive
Dankie Zenia, vir al jou moeite en geduld en dat jy agter ons aangery het, sodat ons al die papierwerk kon teken. Dolf en Antoinette Brits
Jou ondersteuning die hele tyd is raakgesien deur ons, en ek het dit baie weerdeer. Ek is al baie tuis hier in die Kaap. Mrs JI Muller
Contact Me
Stay Informed

Sign-up to our monthly email newsletter and we'll keep you informed of great property deals.