Monthly Bond Repayment R44,068.75
Calculated over 20 years at 11.25% with no deposit.
Web Ref No RL5722
Beesplaas te koop in Bultfontein omgewing
Hierdie 377 ha beesplaas word omring deur 'n sterk saaigebied waar veegronde met goeie rooigras weidings min is. Die plaas se weiding word verdeel met 'n derde van die plaas wat teen die teerpad is en twee derdes agter die rant dieper in. Grastipes wat oorheersend is, is rooigras agv die swaarder grondtipe, waar dit ook meer boomryk is. Pioniersgrasse kom ook voor. Wat die plaas nie net 'n goeie beesplaas maak agv sy sterk weidings nie, is die splinternuwe beeshanteringsfasiliteite wat insluit; drukgang, onderdak weeg ,laaibank, uitkeerkrale asook genoeg spasie vir voerkraal - als met staalpyp uitgevoer. Watervoorsiening 2 sonpompe 1 windpomp 1 boorgat, nie toegerus Nuwe sementdam bo op die rant vir water aan die agterkampe. Gronddam Nuwe arbeidershuis Geen Eskom Nuwe kampdrade en pale Gerieflik naby die dorp Drakrag 1:6 GVE Prys R4.2 milj plus BTW Kontak my gerus