X

11,168Ha Farm For Sale in Vanwyksvlei

R17,800,000


Monthly Bond Repayment R192,899.86
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No RL5634

Skaapplaas te koop

Hier is nou 1 van die 3 beste skaapplase in die Carnarvon / Van Wyksvlei distrik.

Die goed ontwikkelde plaas beskik oor die mooiste opstal in die Bo Karoo!
Pragtige Kaaps/Hollandse styl woning met 4 slaapkamers, kombuis (AGA-stoof), spens, vleiswerkskamer, kantoor en woonvertrekke met groot stoep!

Watervoorsiening:
15 windpompe, 4 sonpompe en 1 boorgat met 'n enjin.
Die plaas is verdeel in 26 kampe + 4 kleiner kampies by die opstal.
Netjiese klipkrale en veehanteringsgeriewe met 'n laaibank. Die plaas is met jakkalsdraad omhein.

Die diere kan ekstra onderhandel word om dit 'n lopende saak te maak.
Die eienaar is vir BTW geregistreer.
Eskom: Solar
Boorgate: 20
Windpompe: 15
Damme: 11(1 x grond en 10 x sement)
Tenks:12
Suipings: 38
Weidings
Karoobos, gannas, boesmansgras en pioniers grasse
Die 1000 ha bergkamp is die plaas se spens met bos en struike wat uitloop in droe rivierlope wat 'n groot bonus is en die plaas uniek maak.
Hier boer jy met gemak 2000 skaap.
Ligte vliegtuig "hanger" met aanloopbaan.
Werkershuise en Store.
Reenval: 200 - 250 mm per jaar
Drakrag: 1:36 GVE of 1:6 KVE

Hier kan jy teruggaan in tyd met oopgestrekte topografie so wyd soos die Liewe Vader se genade.
Grootte 11123 ha
Prys - R17.8 miljoen

Kontak Braam op 082 413 7626

Features

Bedrooms 4
Bathrooms 1
Recep. Rooms 2
Study 1
Land Size 11,168Ha

Agent Contact Details

Braam Jordaan
Home and Hectare Free State

Cell 0824137626
Office (051) 4442416
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy