X

630Ha Farm For Sale in Cookhouse

R5,500,000


Monthly Bond Repayment R59,603.89
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No RL2757

Wildsplaas te koop net buite Cookhouse

Hierdie Wildsplaas is gelee 6 km buite Coockhouse teen die hoofpad na Cradock.

Die plaas bestaan uit net een kamp wat omhein is met 'n 2.4m wildsdraad. Die draad is in 'n puik toestand. Die plaas bestaan uit gedeelte vlakte en gedeelte bergveld. Daar is geen Eskom krag op plaas nie.

Water word verkry vanuit twee boorgate waarvan een met 'n sonpomp toegerus is. Die ander boorgat is nie toegerus nie. Verder is daar vier grond damme en twee sement damme.

Daar is 'n primitiewe Jagtershuis met drie slaapkamers, badkamer met stort, bad, wasbak en toilet en 'n vertrek wat die sitkamer en braaikamer uitmaak. Die warm water kom van donkie af.

Verder is daar twee werkershuise, 'n stoor en 'n koelkamer wat in volle werkende toestand is. 'n Kragopwekker voorsien die koelkamer van krag. Daar is ook 'n skadunet hok om wild in op te hang om af te droog voordat dit in die koelkamer gehang word.

Die weiding op die plaas is rooigras, smitsfinger en bossieveld. Daar is 'n groot verskeidenheid van bome wat baie ruig is teen berg. Die volgende bome word daar aangetref - pruim, spekbos, olien, nieshout, quarrie, boerbone, soetdoring en kiepersol.

Die plaas word met al die wild op verkoop.

Wildsoorte is soos volg met plus minus getalle:
Kudu - 80
Rooibokke - 60
Waterbokke - 20
Swartwitpens - 20
Elande - 8
Njala - 2
Bosbok, Takbok, Rooiribbok, Duiker en Vlakvarke.

Daar is twee werkers op die plaas. Hulle kan oorgeneem word sou die koper belang stel andersins sal die verkoper hulle na sy plaas verskuif.

Features

Land Size 630Ha
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Christo Kleynhans
Home and Hectare Eastern Cape

Cell 0826029662
Office (041) 5811744
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy