Hierdie besproeing-saai en weidingsplaas is geleë in 'n gewilde landboustreek, slegs 12 km vanaf Villiers en maklik bereikbaar via 'n toegangsroete vanaf die N3.Hierdie plaas bied die perfekte kombinasie van produktiewe grond, goeie water, en maklike toegang tot hoofroetes. Ideaal vir boere wat wil uitbrei of beleggers wat 'n gevestigde landbou-eenheid soek.
Eiendom besonderhede:
Totale grootte: 1 045 ha
Weidingsgrond: Verdeel in 7 netjies omheinde kampe met 1.4 m (7-draad) heinings – ideaal vir veeproduksie
Besproeiingsgrond: 340 ha onder besproeiing
6 spilpunte van elk 52 ha
1 spilpunt van 27 ha
Elke spilpunt het sy eie pompstelsel
Droëland: 40 ha
Waterbronne: Besproeiingswater direk vanaf die Vaaldam via geregistreerde waterregte – voldoende vir 340 ha
3 Toegeruste boorgate
3 Fonteine
4 Sementdamme
Ekstra kenmerke:
Eskom-krag is beskikbaar op die plaas
Uitstekende infrastruktuur en watervoorsiening
Sterk produksiepotensiaal vir beide weiding en besproeiing