X

Farm For Sale in Leandra

POA

Web Ref No RL4932

Pluimvee-eierproduksie aanleg - Leandra

Hierdie 293-hektaar eiendom is 'n pragtige stuk grond wat sowat 5 km wes van Leandra gelee is. As jy vanaf Leandra kom, kan jy die R29-teerpad volg in die rigting van Devon vir 5 km. Jy sal dan 'n naambord en 'n ingang aan jou linkerhand sien. Die eiendom strek weerskante van die pad.

Die gedeeltes wat nie beset is met verbetering nie, is verdeel in 5 kampe en almal het toegang tot water. Die water word voorsien deur twee boorgate wat toegerus is met dompelpompe. Hierdie boorgate lewer voldoende water vir die nodige gebruik. Die water word in 10 Jojo-tenks van 10,000 liter elk gepomp en van daar af versprei na die nodige punte.

Die eiendom is in totaal omhein met 'n lengte van 1.45m. Die huis en eierproduksie-anleg is apart omhein met 'n 2.1m elektriese draad bestaande uit 14 drade. Hierdie omheinde gedeelte is tans toegerus met 'n volledige kamera-sekuriteitstelsel.

Wat betref die kragvoorsiening, is daar drie-fase kragpunte van 200 kVA wat deur Eskom verskaf word. Hierdie kragvoorsiening is van groot omvang en kan hoe energie-eise hanteer. Daar is ook twee bystand-kragopwekkers, elk met 'n kapasiteit van 100 kVA, wat apart van Eskom-krag kan funksioneer.

Verbeterings bestaan uit die volgende:
Woonhuis
Wassery
Twee motorhuise en afdakke
Lapa
6 Arbeiders wonings
Kantoor
Verpakkings gebou
Wagte huise
Waskamer
Werkswinkel
Uitslagstasie
Kragopwekker gebou
Store
Drie Eierkamers en 26 Le-hen-huise


Notas
Daar kan 236 000 henne gehuisves word.
Ongeveer 200 000 hoenders is geplaas.
Eierproduksie is ongeveer 85 tot 90persent van die hoeveelheid henne per dag.
Die koste van voer is ongeveer R7 000 per ton.
Die voerverbruik is ongeveer 115 gram per dag.
Hoendermis word teen ongeveer R120 per ton verkoop.
Henne van 17 weke oud word geplaas en hulle het 'n produksietyd van ongeveer 17 weke voordat dit afneem.
Uitgefaseerde hoenders word lewendig teen R50 per hoender verkoop.

Features

Floor Size 293m²
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Frik Verster
Home and Hectare Free State

Cell 0826522132
Office (051) 4442416
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy