Monthly Bond Repayment R91,370.61
Calculated over 20 years at 10.75% with no deposit.
Web Ref No RL5967
Grootte: 7 480 ha Hierdie besonderse mooi Karooplaas het ’n groot voordeel wat bestaan uit ongeveer 2000 ha leegteveld wat met die minimum reën uitloop in gannabos en soetgrasse, wat die plaas se drakrag verhoog. Dit maak lam- en speentyd met die regte bestuur ’n plesier. Genoegsame waterbronne uit sonpompe en windpompe en put/fontein wat die soetste water gee. Weidings bestaande uit gemengde bossieveld en karoograsse, insluitend boesmansgrasse en pionierstipes. Wildskamp van 800 ha met Gemsbokke, springbok en koedoes. Die plaas is 1 gedeelte elektries omhein en kan verder geneem word. Historiese groot plaashuis met tonne geskiedenis (oregon vloere en deurkosyne). Binneplaas - toegang uit 2 verskillende hoofpaaie. Toe stoor en buitegeboue - veehanteringsfasilieteite (skaap en bees). Voerkraal vir skaap - huidiglik word met Dorpers geboer.
Geen Eskom Drakrag: 1:36 GVE of 1:6-7 KVE Reënval: 150–200 mm per jaar Kom ervaar die prentjiemooi Bo Karoo en vind jou vrede. Hierdie plaas is aangrensend aan die 4730 ha plaas wat ek ook bemark.