UPINGTON - SPOG WINGERD- EN LUSERNPLAAS, MELKSTROOM,
Spogplaas van 134 ha gelee 6 km buite Upington op die Kuruman pad.
Plaas le langs die Oranjerivier met 80 ha ingelyste waterregte uit die rivier.
25 ha jong wingerd - Selma Pete 10 ha sultanas 2 ha Chenin Blanc 18 ha lusern - 8 snysels per jaar met ongeveer 5 ton per hektaar. 15 ha bewerkbare skoon grond 50 sitrusbome
Mikrobesproeiing in die wingerde en vloedbesproeiing in die lusern.
Wonings: Hoofhuis: 4-slaapkamer en 3-badkamer huis met alle geriewe en 2-slaapkamer woonstel. Bestuurdershuis: 4-slaapkamer, 2-badkamer huis met alle geriewe . Assistent-bestuurdershuis: 2-slaapkamer, 2-badkamer huis met alle geriewe. Store en buitegeboue.
Spogplaas met potensiaal vir uitbreiding !
Features
Bedrooms 4
Bathrooms 3
Flatlet 2
Recep. Rooms 2
Study 1
Land Size 134Ha
Pets Allowed Yes